Oor My

Ek stap saam met vroue wat weer wil onthou wie hulle is.

3 women photo

Jy het nie opgehou groei nie — jy het net ’n nuwe seisoen binnegestap.

Ek is Lorraine, en ek glo dat menopouse nie die einde van iets is nie, maar die uitnodiging tot iets dieper. ’n Sagter, wyser, meer betekenisvolle weergawe van jouself. Ek is hier om saam met jou te stap — met geloof, genade en eerlike gesprekke — sodat jy weer kan onthou wie jy is: bemind, nodig, en steeds in wording.

Ek het self dié pad gestap.

Ek weet hoe dit voel om moeg te wees sonder rede, om nie jou eie liggaam te herken nie, en om stil-stil te wonder of jy nog plek het in die wêreld rondom jou. Maar ek het ook ontdek dat daar soveel krag lê in stilte, in refleksie, en in die genade om stadig weer jouself te word. My werk is geanker in geloof, eerlikheid en die volheid van vrouwees—liggaam, siel en gees. Deur my eie reis, het ek ontdek:

Ek is steeds nodig!
Ek is steeds sterk!
Ek is steeds besig om te blom!

Hier is jy welkom — presies soos jy is.

Ek bied nie kitsoplossings nie. Ek bied ruimte. Ruimte om te rus, om weer te hoor wat jou hart fluister, en om jou lewe van binne af te herbou. Jy hoef nie te verander om waardevol te wees nie. Jy mag stadig gaan. Jy mag sag wees. En jy mag sterk wees op jou eie manier. Hierdie reis is joune — ek is net hier om saam met jou te stap.

flower icon

My geloof is die grondslag van my werk.

Alles wat ek leer en deel toets ek aan die Waarheid van die Skrif, en ek vertrou dat God elke vrou roep om voluit, met grasie en doel, te leef.

Ek is ’n gekwalifiseerde Lewensafrigter en mentor met internasionale sertifisering sedert 2018.

My agtergrond sluit opleiding in NLP, mBIT, Christen Lewensafrigting, ouerskap, menopouse, slaap en joernaalterapie in. Ek is geakkrediteer deur Seta, Comensa en IFSA, en ek bly ’n lewenslange leerder — altyd besig om te verdiep en ontdek.

Scroll to Top